![]() |
| Die gate gegrawe vir elke voetstuk. |
![]() |
| Ambipor onder die rollers |
Ons het in die Resource Guardianship Kursus Dipbakke op verskeie geselekteerde punte op die plaas gaan opsit. Eerstens het ons al die voetstukke van die dipbak, al vier voetstukke op die selfde hoogte gesit. Daarna het ons gate in die grond gegrawe om die dipbak meer stabiel te laat staan. Al die gate was gegrawe tot n spesifieke diepte wat ons nodig gehaad het om die bak te laat waterpas staan. Ons het vier bakke oor die plaas opgesit al vier was op verskillende hoogtes weens die rede dat ons nie net een grote dier op die plaas het nie. Twee van die bakke was op die tweede gaatjie van die voetstuk , en so die regte hoogte vir die elande, kudus en kameelperde. Die ander twee bakke was op die laagste gaatjie van die voetstuk vir ons kleiner Bokke! Om al vier sye van die dipbak is daar rollers die rollers is daar vir as die dier oor buk om die kos binne die bak te eet dan rol dit teen die dier se nek. Onder die rollers is daar spasie waar ons ambipor gooi dit is hoe ons die diere help teen borsluise, Ambipor is n middel wat borsluise beveg.



No comments:
Post a Comment